die draadkar daagliks

Monday, May 24, 2004

ok, duidelik het my lewer my in die steek gelaat die naweek. het vrydag so paar biere en shootertjies by die werk gedrink en direk cool runnings toe gery, waar ek ge-eet het (magie vol, ogies toe). daarvandaan gaan movies uitneem, NOG KOS gekoop (pizza), en huis toe vertrek.

blykbaar wil my lewer nie meer saamwerk nie, maar daar is absoluut niks verkeerd met my spysverteringstelsel nie, want ek het my gat af ge-eet hierdie naweek. nevermind dit, ek het darem 3kg verloor in die laaste week, as ek so aanhou is ek weer eendag normal sized, sonder die pens. en dan hoef ek nie eers te draf of whatever nie, alhoewel ek dalk vir cardiovascular redes maar daai blerrie tekkies moet uitprobeer.

vanaand is daar 'n party vir neville by konrad se huis, maar aangesien dit more weer 'n werksdag is dink ek nie dit gaan 'n groot gesuip afgee nie. ten minste nie vir my en cobus nie, want ons is die enigstes wat actually werk.

latahz

0 Comments:

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home