Middag dames
hierdie naweek is nev se laaste ene in gauteng (vir 'n lang ruk), so ons moet maar skouer aan die wiel sit en drink asof so iets soos babbelaas nie bestaan nie.
eintlik is ek net donners verveeld. dis nou 2:49pm op 'n vrydagmiddag en nugter weet alleen hoe ander mense dit regkry om te werk - ek bedoel, die boeing is klaar oor en alles. wat sal mens dan nog in iets so veradderlik soos 'n kantoor soek? geld, miskien. mens moet seker ERENS geld kry vir die drank, dis nie asof die plekke dit verniet weggee nie. sekere plekke soos cool runnings is nie eers skaam oor die feit dat hulle ons vir so 'n ride vang nie. mens betaal letterlik jou gat af vir 'n drink by daai plek.
inelkgeval, alle tekens dui daarop dat daar vanaand 'n joligheid sal plaasvind in die cool runnings omgewing. dit begin sommer al 5-uur, want ons is dors.
die een sekretaresse hierso wil nou al begin drink, maar die baas is in 'n meeting, en hy sal dalk nogal de moer in wees as ons nou al in die kroeg sit.
aaaaaaaaaaaaanyway.
dis amper weer gluwein (of hoe mens dit ookal spel) tyd. mens vry ook lekkerder in die winter (nie dat ek sal weet nie, kan byvoorbeeld nie eers meer onthou wanneer laas ek 'n goeie vry ingekry het nie), en daar is meer gereeld rugby op loftus.
biltong is gewoonlik goedkoper (en lekkerder) in die winter.
um.
hier is nog so 'n hakie of twee (net vir die wis en die onwis). en nog een (skies, ek kon dit nie weerstaan nie).
ons sal seer-sekerlik vanaand blaf vir die kinders wanneer hulle verbygesluip kom. pragtige poppe in pienk pakkies wat pronkend paradeer by die promenade vir ons pelle se plesier.
ensovoorts
auf wiedersehen
(dis darem nou al 2:58 en dit lyk asof almal hulle rekenaars nou gaan toemaak as 'n dankoffer aan bacchus).
0 Comments:
Post a Comment
Subscribe to Post Comments [Atom]
<< Home