die draadkar daagliks

Wednesday, May 08, 2002

Hello maaters! Laat ek die eerste een wees wat julle hartlik hier by die Goggel-ding-storie heet. Om mee weg te spring wil ek net baie dankie se vir Deon wat hierdie baie oulike avere aan die rol gesit het - Dankie Deon - OK, sienende dat ek die eer gegee is om 'n administrater te wees op hierdie webblad wil ek net een ding se "You will respect my authority!" of ek kan julle delete (ha ha ha). OK terug na die punt - wat ek nog nie het nie maar ek is wel besig om na een te werk - ons is nou al presies 128 dae in die nuwe jaar, nee wag, dis 'n ander punt, OK wag, nou het ek een. Ek is seker daarvan dat al julle mense is net so gatvol vir die gewone soos wat ek is, julle weet, gaan uit, drink, pass uit. So vir ons heel eerste uitstappie die naweek stel ek voor ons gaan drink 'n paar biere by Peper Chair. Oops force of habit. Ek dink ons moet almal in dorp toe gaan na die flieks en gaan Spiderman kyk en dan na die tyd kan ons almal vir my en Doen help om chicks op te chat. Wel nou dat ons op hierdie punt te lande gekom het, laat ek ook die eerste een wees wat vir ons goeie vriend en kameraat, die uwe Mr Botha welkom heet hier in die land van die draadkar-bende. Ons weet almal dat hierdie is 'n hele nuwe wereld vir hom en laat ek hom die gemoedsrus gee dat hy kan enige tyd ons kontak as hy aleen voel en smag na geselskap en Rudolph onthou "an open beer is a friend indeed". Om weer terug te kom by die fliek ding. Ek stel voor ons gaan kyk Saterdag middag omdat die flieks Vrydag aand bietjie vol sal wees. So hier is die reelings. Ons ontmoet mekaar almal Saterdag middag om 15:30 by Peper Chair sodat ons 'n paar biere kan drink voor ons vertrek om 16:15 na Brooklyn of Menlyn om die 17:00 vertoning te kyk en dan kan ons weer 'n paar biere na die tyd sommer by een van daardie plekke in daardie omgewing gaan geniet (ja dis reg, daar is bier ook buite Centurion se grense beskikbaar!). OK, sien julle dan - en onthou die reelings kan verander op die laaste oomblik sonder dat ons mense julle mense in kennis hoef te stel so ek stel voor dat julle mense ons mense skakel en net seker maak dat die planne nog staan. Groete vir nou.

0 Comments:

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home