die draadkar daagliks

Tuesday, May 07, 2002

As julle sukkel met die sign-up, laat weet my.

Inelkgeval... hier kan ons snotpraat - tipe van 'n discussion board thing, maar nie presies nie. Vir die oningeligtes onder julle, "A blog is a web page made up of usually short, frequently updated posts that are arranged chronologically -- like a what's new page or a journal. The content and purposes of blogs varies greatly -- from links and commentary about other web sites, to news about a company/person/idea, to diaries, photos, poetry, mini-essays, project updates, even fiction."

Dus:as jy op iets interessants afkom, post hier. As jy mense wil laat weet van sekere happenings, soos parties, braais, jolighede, shooting-galleries, orgies en piss-ups, post hier. Dan spaar jy moeite. As daar iemand is wat jy wil opsit as 'n member, laat weet maar. Ek het nie almal se email adresse nie, en ek weet nie wie stel belang nie. Whatever. As iemand kak aanjaag, post hier. Dis ons almal se reg om te weet daarvan. As jy verveeld is en jy wil 'n gediggie skryf kan jy dit ook hier post. Ek sal dalk net moet vra dat self-sensuur toegepas moet word, want hier is sensitiewe kykers - at least met regtige kras vloekwoorde, soos "ford", "centurion" en "ricky martin". Ek dink darem nie ek ken enige-iemand wat so lelik swets nie.

Behalwe Cobus.

As daar links moet bykom, laat weet. Of kry die blogthis thingy - veral as die link nie baie updated raak nie, en as almal nie noodwendig hou van witmense met afro's nie (AfroSquad). O ja, en moenie link na porn-sites toe nie. Tipe van ding. Maybe. Ja-nee. Begin sommer met www.gagpipe.com vir alle humor-georiƫnteerde mense. Ek weet dit sluit 90% van julle uit, maar ons cater ook vir die minderheid.

Want ons is almal uniek.

JanBos, ek weet nie of ek al einde van die maand sal kan intrek nie, daar's issues met die werk - so ons sal eers moet kyk wanneer ek sal kan.

En as iemand verjaar, en jy onthou, laat weet ons armsaliges vroeƫr daarvan sodat ons nie ons name vergat nie. As daar enige van julle is wat dit miskien wil oorweeg om corny emails te cut & paste hierin (bv friendship week se goeters - i love everybody -, chain mail, spam - MOENIE. Grappe is ook fine.

Hoe practise Nieu Zeelanders safe sex? Hulle spray paint kruise op die skape wat skop.

Net 'n paar issues:
1) Help - gebruik Blogger se ingeboude help functions.
2) Ek kan pretty much alles edit/sensor/delete soos wat ek wil, maar ek sal sover moontlik nie sulke goeters doen nie. Ons het genoeg gesuffer onder PW.
3) Mail vir my die mense wat bygevoeg moet word (Team Members) se email adresse.
4) Moenie jou/iemand anders se email adres public maak nie - anders gaan jy/hy/sy moer baie spam kry.
5) Hierdie is nie 'n plek vir persoonlike feuds nie. Gebruik email daarvoor.
6) Vir vinnige posts, gebruik die BlogThis! tool. (blogger - howto)

Who's da man?

0 Comments:

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home