Wat is fout met ons winkels?
Ek was noudiedag Incredible Connection toe om skoon CDs te koop. Koop 40 Verbatims (80minutes/700mb). Toe is die eerste 5 cds useless... gee heeltyd errors. Anyways, haul ass terug na Incredble toe - en vra vir 'n refund (op alles). Die laaitie daar glo my toe nie, en ek moet staan en wag terwyl hy CDs skryf. Dit lyk toe actually asof die CD wat hy skryf werk, en toe kry hy hierdie smug attitude - asof ek nie regtig iets weet van rekenaars af nie. Bleddie snotkoppie. In any case, toe werk die CD nie. Great. Refund - na makro toe.
Twee dae later besluit ek om my lyf ghriesbobbejaan te hou en my ma se kar so bietjie te tune. Nooit my bras, ek purchase fanbelts, en power steering belts, en sparkplugs. NGK my china. Ek scheme toe ek gaan die tjor sommer net vinnig regtune, maar o wee. Toe is die fanbelt te groot en die steering belt te klein. In die proses het ek my frail ou handjies toe nou mooi opgedonner. My een hand lyk soos 'n Vietnam village nadat Robert Duvall hom genuke het. Hoe dit ookal sy, ek pak maar af terug na die shop toe. Geen sukses. Toe is die een te klein, en die ander een te groot. Moerse.
Dit raak toe al donker, en ek besluit om eers Maandag my pogings te herneem. Die feit dat ek donners lui was, het niks met hierdie hele storie uit te waai nie.
Maandag. 'n Nuwe dag. En Midas is oop. Koop by Centurion se midas nuwe belde - ek is te lui om na die bleddie alkoholis toe te gaan by wie ek eerste gekoop het. En dis net R20 'n belt. Wragtag, hier gee hulle vir my 'n fanbelt wat pas. How's this? Soos dit tradisioneel aanvaarbaar is, is die power steering ding weer te klein.
Na nog 3 trips na Midas toe (verskillende takke, want ek's bang die mense kyk my skeef aan) het ek 'n belt gekry wat werk. So half. Die kar skree nou so bietjie as mens draai, maar op 'n sagte manier - soos iemand met 'n babbelaas by 'n rugbywedstryd. Die idee is daar, maar dit help nie soveel nie. Die hele trippie het my omtrent R200 gekos. Ek is egter seker as ek dit na 'n garage toe geneem het sou hulle gesê het ek moet 'n nuwe kar koop, of hulle sou my finansiëel geruin het.
Gister het ek die auto-bank vastrap probeer doen, en toe sit daar R1000 vas in ABSA se ATM vas. Die een by die 7-Eleven, so moenie daar trek nie. Vir eers.
En dis nie die einde nie.
Ek wou 'n game koop, en moes dit terugvat, want die CD is corrupt. Maar dis orraait, want ek dink dit was 'n pirate. Dis toe ook sommer out of stock, so ek het moed opgegee daarmee. Hierdie was actually 'n goeie ding, want dit het beteken ek het hierdie blog geskep in plaas daarvan om games te speel.
Ek het oor die naweek DVDs uitgeneem, en moes eers terugry, want een of ander blaps het A.I. se dvd gekrap. Toe kon hulle my rekening nie krediteer nie, en ek moes iets anders uitneem. Wow. Ek het al alles gesien, maar besluit toe maar om St. Elmo's Fire uit te neem. Dit werk toe ook nie, maar ek het nie eers gebodder om weer videoshop toe te gaan nie, since ek teen hierdie tyd reeds kennis gedra het van hulle stupid "The Customer Is Always Right, But Some Customers Are More Right Than Others" motto.
Dit dan alles, in minder as 'n halwe week. Vir tyd en wyl kruip ek onder die kombuistafel weg.
So miskien moet ons winkels 'n nuwe benadering neem tot Customer Satisfaction. Sodra jy iets koop, vra jy dadelik vir 'n refund, en koop daarmee 'n ander produk. Dan kan jy weer vra vir 'n refund, tot jy dink jy het actually 'n produk gekry wat *werk*. Dit sal almal baie moeite spaar, en die hele proses bespoedig. Of hulle moet die produkte wat nie werk nie, duidelik merk ("This product is faulty") of iets soortgelyk. Sal dit nie nice wees nie?
0 Comments:
Post a Comment
Subscribe to Post Comments [Atom]
<< Home