die draadkar daagliks

Friday, February 01, 2008

Nie rerig baie nuus nie. Was die naweek Vaalrivier toe... Vrydagaand effens groot gegaan, Saterdagoggend vroeg al in die pad geval. Ek het genavigate en Jorra het bestuur. Oppad Potch toe drink ek toe al 6 biere (klam grond word maklik nat). In Potch het ons eers op die Bult gestop om 'n whisky te vat.

Toe ry ons die plek so bietjie mis. Eers mis ons 'n afdraai, moer in 'n grondpad in, bo-oor die Vaal (Schoemansdrif), ry 49338 km op die grondpad anderkant, tot ons boesmans kry.

Die makkers het try verduidelik ('n boesman en 'n boesvrou, waarna hy verwys as "bly bietjie stil my liefie, lat ek die mense verduidelik" - nogal cute), maar toe ry ons weer in ons moere in, draai links waar ons moes regs gaan.

Skielik is ons in Parys - maar Parys is mos naby Bothaville, of hoe?

Nee meneer. Drink toe eers 'n paar sterk brannas by 'n pel wat daar bly, hy verduidelik ons, ons ry toe weer, en bliksem weer bo-oor die "regte" pad in 'n grondpad in. Middle of nowhere tipe van plek. Daar kom toe 'n antie verby en sy nooi ons uit na hulle lodge toe sodat die omie ons kan verduidelik. Op hierdie stadium raak dit al laat middag en ons is lekker onder die prop. Weet nie wat die mense gedink het van ons nie, maar nou ja.

Uiteindelik kry ons die regte pad, en kom so teen sononder op die plaas aan. Heerlik Herklaas, heerlik. Nie baie verder gedrink nie (net 'n bottel potency en so paar biere en whiskeys en toe val Jorra, soos 'n hero). Ek het darem nog so ruk uitgehou.

Volgende dag was seer. Heeldag op die water, George het heel vinnig geleer om te wakeboard, maar ek was so huilerig ek het opgegee na 3 keer se probeer.

Die ergste is dat ons dit heeltemal kon vermy het. Dis wat gebeur as mens 'n GPS solution gebruik wat 484 verskillende maps het en jy vergeet om National Roads te laai. Het intussen TomTom toe geskuif en dis jarre beter. One nation, one cup, one map.

Uiteindelik het ons 490km gery aan 'n 210km pad. Yay.

i can like to navigate.

more is dit groot makietie by Abel, sal bietjie fotos post na die tyd.

julle bliksems moet ook bietjie post.

cheers

0 Comments:

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home