die draadkar daagliks

Tuesday, May 21, 2002

Ek het gister so bietjie geworry. Ek het nie so vars gevoel die oggend nie en was toe onder die indruk dis ek wat begin oud raak en nie meer die punch kan vat van 'n rowwe naweek nie. Gelukkig het ek so teen die middag agtergekom dis eintlik ek wat net begin siek word - wat 'n verligting. Maar anyway, 'n vriend van my gee my toe die volgende raad: gooi 'n tot wiskey saam met 'n koppie lou warm melk en gaan slaap na inname, en tha-da, jy is die volgende dag gesond! Ek kan nie meer wag tot ek weer siek word nie.

0 Comments:

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home